VERHUUR VAN EIENDOM AAN BUITELANDERS

WHAT DOES THE DEEDS OFFICE DO?
March 27, 2017
WHY IS MY PROPERTY TRANSFER TAKING SO LONG?
April 13, 2017

Om eiendom in Suid-Afrika te verhuur, is ‘n eenvoudige proses. Die land beskik oor ‘n wye verskeidenheid huurakkommodasie, insluitend enkelwoonstelle in woonstelblokke, Victoriaanse kothuise, losstaande huise met groot tuine, en skakelhuise in moderne meenthuiskomplekse.

In Suid-Afrika is die reg van ‘n buitelander om vaste eiendom te koop, in die verlede beperk deur die Wet op Vreemdelingebeheer. Hierdie beperkings is egter in 2003 opgehef deur die nuwe Immigrasiewet (“die Wet”), wat die Wet op Vreemdelingebeheer en baie van die beperkende bepalings daarin herroep het en nou duidelik omskryf wie ‘n wettige buitelander is en wie nie. In kort, ‘n wettige buitelander is ‘n persoon wat in besit is van ‘n wettige tydelike verblyfpermit of ‘n permanente verblyfpermit wat deur die Departement van Binnelandse Sake goedgekeur is.

Die nuwe Wet maak voorsiening vir verskeie tydelike verblyfpermitte wat aan buitelanders uitgereik kan word, insluitend onder andere:

  • ‘n Besoekerspermit
  • ‘n Werks- en entrepreneurspermit
  • ‘n Afgetrede persoon permit

In beginsel mag ‘n huiseienaar of verhuurder wettiglik eiendom verhuur of vaste eiendom verkoop aan enige persoon wat volgens die Wet as ‘n wettige buitelander beskou word.

Buitelanders wat in Suid-Afrika werk met ‘n wettige werkspermit, word nie deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank as nie-inwoners beskou nie. Hulle word as inwoners beskou vir die duur van die tydperk wat hul werkspermit toelaat en word dus nie beperk tot ‘n lening van slegs 50% van die koopprys nie.

Dit is ook belangrik om kennis te neem dat die Wet die verhuur of verkoop van vaste eiendom aan ‘n onwettige buitelander as krimineel beskou deur hierdie transaksie gelyk te stel aan die verleen van hulp en bystand aan ‘n onwettige buitelander, wat in terme van die Wet as ‘n kriminele oortreding geklassifiseer word.

Ten slotte, ‘n wettige buitelander mag eiendom huur of vaste eiendom in Suid-Afrika koop, mits hy die houer is van óf ‘n wettige tydelike verblyfpermit óf ‘n permanente verblyfpermit wat deur die Departement van Binnelandse Sake goedgekeur is. Doen deeglik navraag by u potensiële huurder of koper of hy wettiglik in Suid-Afrika is en versoek die vereiste bewyse van hom voordat u enige transaksie met ‘n buitelander aangaan. Neem ook kennis van die beperkings op plaaslike finansiering, veral waar die verkryging van finansiering ‘n voorwaarde van die ooreenkoms is.

Hierdie artikel bevat slegs algemene inligting en moenie gebruik of beskou word as regsadvies of ander professionele advies nie. Geen aanspreeklikheid word aanvaar vir enige foute of weglatings of vir enige verlies of skade weens vertroue op hierdie inligting nie. Raadpleeg altyd u regsadviseur vir spesifieke en gedetailleerde inligting. Foute en weglatings uitgesonder (FWU).

Verwysings:

http://www.expatarrivals.com/south-africa/accommodation-in-south-africa

http://www.avidfirefly.co.za/00000/index.php?option=com_k2&view=item&id=92:can-i-lease-or-sell-my-house-to-a-foreigner?